Pikanini Baby Academy
Our Blog

My kind is my lewe!?

Monday, 13 September 2010 19:36 by Admin

Ek lees nie te lank terug 'n rubriek wat Valiant Swart geskryf het.  Ja, die man kan nie net rock nie, maar is 'n baie talentvolle skrywer ook. Dit het my laat dink - Jy kry mos mense wat jou vertel dat hulle nie hulle lewe sonder hulle kinders kan voorstel nie.  Ek hoor dit elke dag in die Pikanini Klasse en sien die posts opFacebook.  "My kinders is my alles, Ek lewe vir hulle" 'n ander Ma noem dat hulle die rede is hoekom sy soggens opstaan.  "Sonder hulle is ek niks"

En ek dink by myself:  "Is daar iets fout met my?" Soos Valiant se:  "Watter saai, verbeeldinglose ou plankton-bestaan moes so 'n mens nie voor die intrede van die magiese verlossertjies gelei het nie?" Waar was die tintelende avonture voor ouerskap?  Geen blinkoogdrome, geen vrygeestige vooruitsigte, geen gebonde strewes nie? Geen berge om te klim nie.  Is ideale dan eers op koers geplaas met die opdaag van jou Nasaat?  Was ouerskap dan die laaste lotsbepalende ruiltransaksie met jou geluksengel?  Ek dink jy het 'n raw deal gekry.  Jou arme, arme kinders - se Valiant.

Hulle het nie 'n keuse gehad nie.  Hulle het bloot eendag niksvermoedend uit 'n louwarm, knusse akwarium hier opgedaag om  - wat? - Skielik sin aan jou vervelige lewe te kom gee?  Pressure! Geen wonder sommige van ons kinders het so baie issues nie.  Berei jouself solank voor vir 'n wrede ontnugtering as jy jou pens en pootjies oorgee aan jou nuwe rol as super-ouer.  Valiant se:  "So perfek soos wat jy jou voorstel jou kinders gaan wees as jy jou ganse bestaan aan hul welgeluksaligheid wy, so hard gaan jy huil as jy besef jy sit opgeskeep met bedorwe, ondankbare, onbeskofte, rigtinglose sponse wat lank na hulle die skool verlaat het, steeds op jou teer."

Ons sal een aand staan voor 'n lee skottelgoedwasser wat jy nou net uitgepak het na jou tiener en haar ongemanierde, agteraf maats dit vir jou gelos het.  Vanuit die familie kamer sal jy hoor hoe 'n borrelende TV aanbiedertjie vertel vand die "unbelievable sunsets over the Greek Isles" waar hulle "werk" aan 'n swemdrag issue vir Sports Illustrated.  Jy sal wonder wat van jou eie eiland drome geword het (en ook jou figuur) en sonder aarseling kom die liedjie by jou op oor Lucy Jordan wat op 37 besef sy sal nooit in 'n sportmotor  in Parys rondry met die wind deur haar hare nie.  En skielik weet jy - Dis alles net jou eie skuld!

Vir kort vlietende oomblikke wanneer ons nasaat by Ouma en Oupa kuier, gaan ek en haar Pa waar ons wil, wanneer ons wil.  Geen babysitters om te reel nie, geen skoolkwartale om mee rekening te hou nie, geen nagging of streke nie.  Ons kan op die ingewing van die oomblik sommer gou gaan Sushi eet of laat by (kinderlose) pelle kuier.  Helaas, vlietend sal dit bly, want daar is sy nou - Die Erfgenaampie!  Die Opeiser van Aandag, die Beproewer van Geduld, die Dief van Harte. 

Ek is vrek lief vir ons kind, my voor-kind versugtinge ten spyt.  Al versteur sy deurentyd my universele gang en my aardse patroon, sal ek vir haar deur die spreekwoordelike vuur loop.  Oor die vreugdes was sy ons verskaf kan ek blog en blog en blog, maar om saam met Valiant te stem - ek is huiwerig om die grond te aanbid waarop sy loop - netnou kry ek net bloederige kniee daarvan.

Blessings! vir almal (en ek tel ons kinders twee keer)

Karen van Zyl

(met erkenning aan Valiant Swart)

 

 

 

Ek sal dit nooit doen nie - Vandag Blog ek bietjie in Afrikaans....

Wednesday, 3 February 2010 06:15 by Admin

(Met apologie aan Theo en Cindy - al het julle nog nie julle eie nie - is julle die coolste Peetouers)

Niks bring jou so gou aarde toe as ouerskap nie. Standaarde verlaag en voornemens spoel saam met die wasmasjienwater by die drein af......

Mens is darem maar slim voordat jy self 'n ouer is! Ek lees nou die dag 'n sticker op 'n kar wat se: "Neem 'n tiener in diens terwyl hulle nog alles weet" Wel, mense wat nie kinders het nie, weet ook alles. En net soos tieners gou-gou in die werkplek gaan agterkom die MENSA-organisasie gaan hulle nie sommer as lede aanvaar nie, net so kan nie-ouers maar daardie Meestersgraad in "Ek-weet-alles-en-meer (cum laude) agter hulle naampies uitvee as hulle 'n baba in die hand gestop word.

Jy onthou hoe jy ouers bekyk het as hulle kinders met snotneusies en vuil klere in die winkels huil vir 'n sweetie/pop/blik hondekos? Hoe jy gedink het jy wil daai ouers met daai klein aaklige-stout "terroris" 'n ding of twee vertel?

Hoe jy gedink het jy kan nie glo dat ouers hulleself so kan laat gaan as daar 'n rolletjie te veel om die middel was/'n rok 'n blertsie pap op gehad het/jy oor een speelding in hul sitkamer moes trap/hulle nie meer die nuutste modes gevolg het nie?

Wel ja...... Hier is 'n paar van my eie mites wat moes swig...

1. Ek sal nooit aan my kind se dummy suig om dit skoon te maak nie: Ja, ja. Die eerste twee weke van jou kind se lewe tel jy getrou die dummy op wanneer dit in die middel van die nag met 'n boog gespoeg word, was dit af, sit dit in Milton en vat 'n nuwe, ontsmette een. Teen die derde week suig jy, uitgeput van die min slaap, met liefde daai dummy skoon (jy borsvoed in elk geval, so watse nuwe kieme kan jou kind nou by jou kry?)

2. Ek sal nooit vir Lisa hand-me-down klere aantrek nie. Ek meen daardie klere is nog splinternuut (behalwe vir 'n paar melkvlekkies hier en daar) en hoekom nie liewer die geld gebruik vir iets anders nie ('n luukse facial of massage?).

3. My kind sal nooit met speelgoedgewere speel nie. Ek weet dis nie polities korrek nie, maar ek is die eerste ouer wat uit die kas sal kom en se hulle sal wapens van mass destruction in my huis kry. Ek het nog net een seuntjie teegekom wie se ouers nie voor eise vir 'n pistooltjie of water bazoeka geswig het nie en daai kind het toe hy hier kom kuier het, skelm twee water pistole en 'n Peter Pan swaard in sy tas gepak voor hy huis toe is. En nee, wapens het haar nie aggressief gemaak nie - sy is 'n liefevolle, saggeaarde kind (gene van die ma gekry) en as sy soms 'n bietjie handuit ruk, skryf ek dit toe aan gene wat sy iewers andes gekry het....

4. Ons kind moet by ons lewe aanpas, nie ons by hare nie. HA HA! Ja, baba verstaan presies dat Mamma besig is met navorsing vir haar PhD en sal net wakker word wanneer sy nie werk nie. Peuter gaan nie 'n woord rep of 'n voetjie roer terwyl julle uiteet nie. Jou huisie gaan perfek netjies bly (my kind gaan al op 8 maande begin opruim en skoonmaak). Vandag tel netjies as die beddens opgemaak is en ek plek kan kry vir 'n bottel water langs my bed.

5. My kind gaan 'n modelkind wees. Ja, sy kan 'n model wees - vir OMO, Defy-wasmasjiene, anti-koeksjampoe en iemand wat 'n TV-program maak oor hoe om 'n skreeuende kleuter uit 'n supermark te kry sonder om die kind iets aan te doen (soos om nie haar strottehoof te ontwrig nie)

6. Ek sal myself "in stand hou". Deesdae tel dit as ek myself nege-uur saans nog kan regophou en die volgende dag kan opstaan nadat sy die hele nag in bogies oor my opgebring het en niemand dit kan ruik nie (Probeer maar, vyf baddens is nie genoeg nie!)

O ja! daai rol oor my jeans is net 'n los velletjie....

Unhappy Hour

Tuesday, 26 January 2010 05:59 by Admin
Whatever you call early evening in your household, it can feel like an eternity!

I has affectionately been referred to as the suicide hour. Affectionately, because your kids are lucky. I mean, think about it: it could have been called "the murder hour" and then where would they be? And the way I see it, keeping children alive has got to be the ultimate sign of affection. So, affectiontely, fondly and lovingly, it is.

The only problem is that it's never just an hour....

Yes,, there are days when Mr Golden Sun is hardly down and children are fed, bathed, read to and fall into bed like ice-cream cones on your new carpet. Days when dad is home or help is around; when work has gone well, chores are finished - and children are too. Now, you don't want them so tired as to not actually fall asleep (no, that kind of weeping, wailing and rubbing of eyes is reserved by those who administer the universe for nights when you especially need them to get to bed on time). You want them just tired enough to, well, sleep.

But then there are other days. Days when toys are strewn everywhere, when children are falling from their bikes and Jack Russell's snouts are having lip-gloss administered to them by four-year olds (a favourite one in our house), when fuses are short and tempers are long. Days when Lisa spits food back at me because she is sick and spill drinks into freshly made plates of lasagne - you know, where peas and carrots are out to sea and you wish you were out to dinner.

I don't like those days.

The kinds of days I like are the happy days, the golden ones. They are the days gone by. The days captured in what feels like yellowing images in photo frames perched on your mantelpiece: you on the beach in Zanzibar, you at a Game Farm - not you in the circus or you at the Funny Farm! No, these are the days you relished and cherished. Because these days were not spent counting down the minutes but living for each and every one.

But these are the days that don't exist! Face it: they are history. What is left of them? Nothing. Nada, Zikolo. Those ones where lazy mornings rolled into late breakfasts and early afternoon naps. Where "What should we do today?" was a yawning-stretching question to which doing nothing was the obvious answer and not a command that a breathless four-year old in a Fairy outfit was shouting at you while jumping on your bed - the one from which you have bravely surfaced.

Oh my: the days when spontaneity was an actual possibility. (Note: waiting outside the theater for your mother after an emergency back op does not count as spontaneity). A late movie (now the 8 pm show has you snorting crushed vitamin B tablets over the sink for a week), a last-minute bite to eat ( a fun snack that you zip out for, not an oops-I've-been-so-busy-I've-forgotten-to-eat-so-now-it's-a-cold meal), a quick coffee or a look around a bookstore for something other than your missing four-year old!

But here's the rub, as Shakespeare used to say(or, here's the grub, as you still say to your daughter just home from nursery school): those were perfect days - but not precious days. Those were the days when life wasn't hanging in the balance. When your tummy was firm and perfect but didn't move with the rumblings of a strange new life inside of you. When agony aunt columns were about other people's problems that you read about but couldn't relate to - becasue nothing had ever mattered quite that much. When sad movies were about popcorn and not parenting and didn't wrench at your heart and send you home tiptoeing into your child's bedroom just to stare at her asleep, breathing in, breathing out. Those were the days when dinner parties were frivolous and fun, but where nothing was nearly as funny as the belly laugh of Lisa & Greg laughing at the Mr Bean DVD. When no friend was ever as honest with you as your daughter - a girl who thinks she doesn't have anyone to impress or anything to lose and so she tells you how it is.

These are the days that hurt so much because most of what you have is emotionally invested in the moment that is being a mom. Anger. Aggravation. Fun. Frustration. Motherhood. Madness.

So sit back and wait for it. Because any minute now, some small person will call you: it might be for you to help pull up her panties or wipe her nose. But hey, there's not a small chance that when you fetch her from school, she will run towards you, jump right into you and wrap your neck up in her arm, breathing in your hair as if it is the only thing that smells of coming home.

Ah, these are the days...