Pikanini Baby Academy
Our Blog

Terug by die werk

Thursday, 11 November 2010 18:42 by Diaan Lawrenson

Uiteindelik! Ek moes al maande terug begin blog het! Jammer Karen. Nou toe, Olivia Rose is presies 5 maande die week. Sy was die laaste maand in die Kaap, in Durban, in Nelspruit en Johannesburg. En nes haar ouers is sy dol oor travel en ek kan sien ons gaan nog baie pret saam he. (anders sou ek dalk van werk moes verander). Maandag het ek weer begin werk en moes ek my pragtige dogter by 'n wonderlike dagsorg gaan aflaai. Ons het lank gewik en weeg oor die opsies en uiteindelik besluit op 'n oulike dagsorg waar ek na hartelus vir Olivia kan gaan kuier as ek 'n breek het. Ek het my oe uitgehuil. En elke dag daarna- ek sit tans en vee die trane van my wange. Shoe, dis darem maar moeilik- dalk die moeilikste ding wat ek al moes doen. Is dit verkeerd om te dink dat daar fout is met die wereld dat mammas hulle babas so jonk by 'n dagsorg moet aflaai (maak nie saak hoe goed, of hoe duur die dagsorg!). Ons gejaag net finansiele veiligheid (afhanklikheid) maak dat moeders hulle babas in die dag verlaat om ook broodwinners te wees. Hoe se hulle: geld is koning! Gelukkig sit dit mens in 'n posisie om net die beste vir jou kind te gee. Dit help tog nie die hart wat baie, baie seer is nie. Ek probeer wel op die voordele fokus en gee my engel tonne liefde wanneer ek haar in die dag en nag sien. Diaan x 

Categories:   New Mom
Actions:   E-mail | Permalink | Comments (0) | Comment RSSRSS comment feed

Ek sal dit nooit doen nie - Vandag Blog ek bietjie in Afrikaans....

Wednesday, 3 February 2010 06:15 by Admin

(Met apologie aan Theo en Cindy - al het julle nog nie julle eie nie - is julle die coolste Peetouers)

Niks bring jou so gou aarde toe as ouerskap nie. Standaarde verlaag en voornemens spoel saam met die wasmasjienwater by die drein af......

Mens is darem maar slim voordat jy self 'n ouer is! Ek lees nou die dag 'n sticker op 'n kar wat se: "Neem 'n tiener in diens terwyl hulle nog alles weet" Wel, mense wat nie kinders het nie, weet ook alles. En net soos tieners gou-gou in die werkplek gaan agterkom die MENSA-organisasie gaan hulle nie sommer as lede aanvaar nie, net so kan nie-ouers maar daardie Meestersgraad in "Ek-weet-alles-en-meer (cum laude) agter hulle naampies uitvee as hulle 'n baba in die hand gestop word.

Jy onthou hoe jy ouers bekyk het as hulle kinders met snotneusies en vuil klere in die winkels huil vir 'n sweetie/pop/blik hondekos? Hoe jy gedink het jy wil daai ouers met daai klein aaklige-stout "terroris" 'n ding of twee vertel?

Hoe jy gedink het jy kan nie glo dat ouers hulleself so kan laat gaan as daar 'n rolletjie te veel om die middel was/'n rok 'n blertsie pap op gehad het/jy oor een speelding in hul sitkamer moes trap/hulle nie meer die nuutste modes gevolg het nie?

Wel ja...... Hier is 'n paar van my eie mites wat moes swig...

1. Ek sal nooit aan my kind se dummy suig om dit skoon te maak nie: Ja, ja. Die eerste twee weke van jou kind se lewe tel jy getrou die dummy op wanneer dit in die middel van die nag met 'n boog gespoeg word, was dit af, sit dit in Milton en vat 'n nuwe, ontsmette een. Teen die derde week suig jy, uitgeput van die min slaap, met liefde daai dummy skoon (jy borsvoed in elk geval, so watse nuwe kieme kan jou kind nou by jou kry?)

2. Ek sal nooit vir Lisa hand-me-down klere aantrek nie. Ek meen daardie klere is nog splinternuut (behalwe vir 'n paar melkvlekkies hier en daar) en hoekom nie liewer die geld gebruik vir iets anders nie ('n luukse facial of massage?).

3. My kind sal nooit met speelgoedgewere speel nie. Ek weet dis nie polities korrek nie, maar ek is die eerste ouer wat uit die kas sal kom en se hulle sal wapens van mass destruction in my huis kry. Ek het nog net een seuntjie teegekom wie se ouers nie voor eise vir 'n pistooltjie of water bazoeka geswig het nie en daai kind het toe hy hier kom kuier het, skelm twee water pistole en 'n Peter Pan swaard in sy tas gepak voor hy huis toe is. En nee, wapens het haar nie aggressief gemaak nie - sy is 'n liefevolle, saggeaarde kind (gene van die ma gekry) en as sy soms 'n bietjie handuit ruk, skryf ek dit toe aan gene wat sy iewers andes gekry het....

4. Ons kind moet by ons lewe aanpas, nie ons by hare nie. HA HA! Ja, baba verstaan presies dat Mamma besig is met navorsing vir haar PhD en sal net wakker word wanneer sy nie werk nie. Peuter gaan nie 'n woord rep of 'n voetjie roer terwyl julle uiteet nie. Jou huisie gaan perfek netjies bly (my kind gaan al op 8 maande begin opruim en skoonmaak). Vandag tel netjies as die beddens opgemaak is en ek plek kan kry vir 'n bottel water langs my bed.

5. My kind gaan 'n modelkind wees. Ja, sy kan 'n model wees - vir OMO, Defy-wasmasjiene, anti-koeksjampoe en iemand wat 'n TV-program maak oor hoe om 'n skreeuende kleuter uit 'n supermark te kry sonder om die kind iets aan te doen (soos om nie haar strottehoof te ontwrig nie)

6. Ek sal myself "in stand hou". Deesdae tel dit as ek myself nege-uur saans nog kan regophou en die volgende dag kan opstaan nadat sy die hele nag in bogies oor my opgebring het en niemand dit kan ruik nie (Probeer maar, vyf baddens is nie genoeg nie!)

O ja! daai rol oor my jeans is net 'n los velletjie....

Five Minutes of Peace - Karen van Zyl

Monday, 25 January 2010 00:20 by Admin

Tonight , while Andre was at a meeting I allowed Lisa to watch 15 minutes of BBC or CBeeBees. It was the intervention of fate, or so I thought.

You see, Five minutes of peace was the title of the programme about the Large Family. Where a hard-working mommy elephant called Mrs Large, who one day at home with her kids, sets upon getting five minutes of peace from the three elephant calves.

Mrs Large, you see, is a mom who tries to orchestrate something quite extraordinary. That would be a bath. In peace. By herself. Yes, one day, this enterprising elephant arms herself with some tea and toast - and a newspaper - and tries to sneak off to the bathroom for an indulgent soak. Laura, her daughter, wants to know where she's off to. To get five minutes peace, Mrs Large says. Lester, her son, wants to come along and again, she patiently explains that she is taking some time out for herself. Needless to say, just seconds pass before Laura is at the bathroom with a book to read to Mom; Lester is clawing the bathroom door down with his need-to-be-played flute and baby arrives, toys wrapped in trunk, only to fling them into the water. Moments later, the kids are in the bath - pyjama-clad - devouring their mom's toast and tucking into the newspaper's cartoons. So Mrs Large retreats downstairs utterly defeated. And when the troops catch wind, they trudge right down after her.

Brilliant, I thought! The parallels are fabulous and I will use this story in some Biblio therapy, to illustrate the frustrations of my own life. I am this mom, facing the daily trails and tribulations of parenting - although I never want to be referred to as Mrs Large, do you hear! This story will be an allegory; it will be symbolic.

So I read the story and waited for the perfect moment to play my sympathy card. Lisa, from whom I was expecting a guilty and knowing nod had obviously not read her script. Instead, in a defiant, at-the-top-of-her-voice bellow, she stamped; "sien wat ek bedoel mamma, ek kry nie 5 minute se rus vir my siel nie" (Wonder where she heard that one?)

Huh?

"Ja Mamma, jy kry 12 en duisend minute se rus!" Great. Last week she couldn't count past 20. Now she's operating in denominations of thousands. Little bloody upstart.

"What?" I stammered, quite shell-shocked. "When do I get 12 en duisend minutes of peace?" "When you bath" she hissed, with a Spanish-inquisition glare.

Oh the price you pay to be clean. "And," came the trump card, "when you drive". This she spat at me like a cobra.

As flattering as it might be to suggest I could actually relax and have minutes of peace when I am driving, I simply cannnot. And a mother bathing is not unlike cattle being dipped. That is to say it is generally a rather quick process. Now if this were the only lapse of my off-spring into the universe-revolves-around-me-ness, I would be ok.

And so, watching the story of Mrs Large has in actual fact messed with my morals instead of feeling entitled to anything. I need to make peace with these thruths: that no one has it harder than kids!

I may be ready for therapy sooner than I thought...