Pikanini Baby Academy
Our Blog

Ek sal dit nooit doen nie - Vandag Blog ek bietjie in Afrikaans....

Wednesday, 3 February 2010 06:15 by Admin

(Met apologie aan Theo en Cindy - al het julle nog nie julle eie nie - is julle die coolste Peetouers)

Niks bring jou so gou aarde toe as ouerskap nie. Standaarde verlaag en voornemens spoel saam met die wasmasjienwater by die drein af......

Mens is darem maar slim voordat jy self 'n ouer is! Ek lees nou die dag 'n sticker op 'n kar wat se: "Neem 'n tiener in diens terwyl hulle nog alles weet" Wel, mense wat nie kinders het nie, weet ook alles. En net soos tieners gou-gou in die werkplek gaan agterkom die MENSA-organisasie gaan hulle nie sommer as lede aanvaar nie, net so kan nie-ouers maar daardie Meestersgraad in "Ek-weet-alles-en-meer (cum laude) agter hulle naampies uitvee as hulle 'n baba in die hand gestop word.

Jy onthou hoe jy ouers bekyk het as hulle kinders met snotneusies en vuil klere in die winkels huil vir 'n sweetie/pop/blik hondekos? Hoe jy gedink het jy wil daai ouers met daai klein aaklige-stout "terroris" 'n ding of twee vertel?

Hoe jy gedink het jy kan nie glo dat ouers hulleself so kan laat gaan as daar 'n rolletjie te veel om die middel was/'n rok 'n blertsie pap op gehad het/jy oor een speelding in hul sitkamer moes trap/hulle nie meer die nuutste modes gevolg het nie?

Wel ja...... Hier is 'n paar van my eie mites wat moes swig...

1. Ek sal nooit aan my kind se dummy suig om dit skoon te maak nie: Ja, ja. Die eerste twee weke van jou kind se lewe tel jy getrou die dummy op wanneer dit in die middel van die nag met 'n boog gespoeg word, was dit af, sit dit in Milton en vat 'n nuwe, ontsmette een. Teen die derde week suig jy, uitgeput van die min slaap, met liefde daai dummy skoon (jy borsvoed in elk geval, so watse nuwe kieme kan jou kind nou by jou kry?)

2. Ek sal nooit vir Lisa hand-me-down klere aantrek nie. Ek meen daardie klere is nog splinternuut (behalwe vir 'n paar melkvlekkies hier en daar) en hoekom nie liewer die geld gebruik vir iets anders nie ('n luukse facial of massage?).

3. My kind sal nooit met speelgoedgewere speel nie. Ek weet dis nie polities korrek nie, maar ek is die eerste ouer wat uit die kas sal kom en se hulle sal wapens van mass destruction in my huis kry. Ek het nog net een seuntjie teegekom wie se ouers nie voor eise vir 'n pistooltjie of water bazoeka geswig het nie en daai kind het toe hy hier kom kuier het, skelm twee water pistole en 'n Peter Pan swaard in sy tas gepak voor hy huis toe is. En nee, wapens het haar nie aggressief gemaak nie - sy is 'n liefevolle, saggeaarde kind (gene van die ma gekry) en as sy soms 'n bietjie handuit ruk, skryf ek dit toe aan gene wat sy iewers andes gekry het....

4. Ons kind moet by ons lewe aanpas, nie ons by hare nie. HA HA! Ja, baba verstaan presies dat Mamma besig is met navorsing vir haar PhD en sal net wakker word wanneer sy nie werk nie. Peuter gaan nie 'n woord rep of 'n voetjie roer terwyl julle uiteet nie. Jou huisie gaan perfek netjies bly (my kind gaan al op 8 maande begin opruim en skoonmaak). Vandag tel netjies as die beddens opgemaak is en ek plek kan kry vir 'n bottel water langs my bed.

5. My kind gaan 'n modelkind wees. Ja, sy kan 'n model wees - vir OMO, Defy-wasmasjiene, anti-koeksjampoe en iemand wat 'n TV-program maak oor hoe om 'n skreeuende kleuter uit 'n supermark te kry sonder om die kind iets aan te doen (soos om nie haar strottehoof te ontwrig nie)

6. Ek sal myself "in stand hou". Deesdae tel dit as ek myself nege-uur saans nog kan regophou en die volgende dag kan opstaan nadat sy die hele nag in bogies oor my opgebring het en niemand dit kan ruik nie (Probeer maar, vyf baddens is nie genoeg nie!)

O ja! daai rol oor my jeans is net 'n los velletjie....

When you thought I wasn’t looking…

Saturday, 16 January 2010 16:00 by Admin

When you thought I wasn’t looking, I saw you hang my first painting on the refrigerator and I immediately wanted to paint another one.

When you thought I wasn’t looking, I saw you feed a stray cat, and I learned that it was good to be kind to animals.

When you thought I wasn’t looking, I saw you make my favourite cake for me and I learned that the little things can be the special things in life.

When you thought I wasn’t looking, I saw  you make a meal and take it to a friend who was sick and I learned that we all have to help take care of each other.

When you thought I wasn’t looking, I saw you give of your time and money to help people who had nothing and I learned that those who have something should give to those who don’t.

When you thought I wasn’t looking, I felt you kiss me good night and I felt loved and safe.

When you thought I wasn’t looking, I saw you take care of our house and everyone in it and I learned we have to take care of what we are given.

When you thought I wasn’t looking, I saw how you handled your responsibilities even when you didn’t feel good and I learned that I would have to be responsible when I grow up.

When you though I wasn’t looking, I saw tears come from your eyes and I learned that sometimes things hurt, but it is all right to cry.

When you thought I wasn’t looking, I saw that you cared and I wanted to be everything that I could be.

When you thought I wasn’t looking, I learned most of life’s lessons that I needed to know to be a good and productive person when I grow up.

When you thought I wasn’t looking, I looked at you and wanted to say: “Thanks for all the things I saw when you thought I wasn’t looking”

 

Categories:   Children | Parenting | values
Actions:   E-mail | Permalink | Comments (0) | Comment RSSRSS comment feed